Navigasie

Maak kontak met ons:
Connect with us on Facebook. Connect with us on Twitter.


Boodskap vanaf Eienaars

"Ons streef daarna om die beste diens te lewer en vir U, ons klient, 'n heerlike wegbreek te verseker.  Wees asseblief gewaarborg van die beste en vriendelikste diens ten alle tye.  Moet asseblief nie skroom om ons te kontak indien U probleme ondervind gedurende en selfs na U besoek aan ons oord"

Bruce en Elize Odendaal


 

Die Oord se Doelstellings en Motto

Die daarstelling van fasiliteite  en geriewe om gesonde, bekostigbare en veilige gesinsontspanning te bevorder, gebasseer op die Christelike beginsels met GOD DRIE-ENIG as enigste Verlosser en Saligmaker, met die westerse kultuur, gerugsteun deur tradisionele Afrikaner morele waardes, norms en leefwyse.


Besprekings

Alle besprekings moet binne twee dae van u bespreking bevestig word deur middel van ‘n 50% bank deposito.  Ons bankbesonderhede is onderaan die bladsy.

Faks of E-Pos u deposito strokie met u Chalet Nr of Kamp Staanplek nr sowel as u naam,van en kontakbesonderhede.  (Konsulteer ons kontakbesonderhede hier). 

Let Wel, Indien GEEN deposito ontvang word binne twee (2) dae na bespreking gedoen is, sal die bespreking as gekanselleer beskou word.

Besprekings Tye:

  • Naweke is vir ‘n minimum van 2 dae (Vrydag 16:00 tot Sondag 16:00.)
    NB!! Inboek Vrydag aande slegs tot en met 19:00.

  • Lang naweke, die hele naweek en nie slegs ‘n gedeelte daarvan nie.

  • Laat ontruimings na 16:00 sal onderhewig wees aan ‘n R100 boete.

GEEN KORTING EN/OF TERUGBETALINGS SALGEDOEN WORD INDIEN U VOOR DIE BESPREEKTE VERTREKDATUM SOU VERTREK NIE.  GEEN GEDEELTELIKE KANSELLASIES SAL AANVAAR WORD EN /OF DEPOSIT’S IS TERUGBETAALBAAR INDIEN U SOU KANSELLEER NIE.

Sleuteldeposito:

‘n Sleutel- en skade deposito van R100-00 KONTANT PER CHALET word gehef wat terugbetaalbaar is na noukeurige inspeksie en ontruiming.  Alle besprekings sal as gekanselleer beskou word indien U meer as een (1) uur laat arriveer. 

Tariewe is hier beskikbaar.

Bankbesonderhede:

ABSA Bank Heidelberg, Tak Kode :     334 134
Rekening Naam :                                     FORTUNA
Rekening Nr:                                             405 471 8336
Tipe:                                                          Tjek Rekening.  

Slegs Kontant of Bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.  Ongelukkig is daar geen Kaart-/Kredietkaart Fasiliteite beskikbaar nie.